Helena Hettema at Pierneefteater

HH_Pierneef

HELENA EN PIANIS MARELIZE GEE NUWE LEWE AAN FRANSE LEGENDES EN OU BEKENDES PIERNEEFTEATER – Sa 12 Maart 19h00

Helena Hettema, bekroonde kabaretkunstenaar , SAMA genomineerde sangeres, en Laureatus van UP, is weer te hoor en te sien met haar kenmerkende hartstog op 12 Maart 2016 by die Pierneefteater, met haar roerende interpretasies van die musiek van die Franse Legendes sowel as van ons land se geliefdes soos Koos du Plessis en, Ingrid Jonker en wereldbekendes soos die immergroen Marianne Faithful, Nina Simone en Dean Martin.

Saam met haar op die verhoog is haar pianis, Marelize Koch wat ‘n nuwe klank bring na die tydlose liedjies van Piaf, Brel soos “Song of the Old Lovers” en “If we only have love”, Charles Aznavour se “She”, Gilbert Becaud se “Et Maintenant” en Mireille Matthieu se “Cent Mille Chansons”. Marelize wat tans besig is met ‘n M.Mus by UP en klavieronderwyseres is by Menlo Park Hoër, het saam met Helena verlede jaar opgetree in die cabaret “Tribute to Piaf – 100 Years” met die viering van haar honderste verjaarsdag tydens ‘n optrede by die Atterburyteater. In hierdie opvoering speel Marelize ook ‘n solo van ‘n klassieke stuk.

Helena sing ook van haar eie gewildste liedjies soos die Italiaans/Engelse treffer “ Quasi Blu” , “Die Trein het jou kom haal “ (Helena begelei haarself) en “Divided Heart asook Philip Nel se meesleurende toonsetting van die digter, Toon van den Heever se “ In die Hoëveld”.

Haar dubbel Springbok pa, Jan Hettema wat altyd gewild is by die Pierneef, sal as gaskunstenaar optree met ‘n vertolking van “My Way” asook ‘n duet met Helena van Aznavour se “She” Ook op die verhoog as gaskunstenaar, is César d’Almeida met een of twee Portugese liedjies.

www.helenahettema.com

“Sny dieper as die vel” – Martjie Roos – Beeld
“Een van ons beste sangeresse” – Rapport
“And boy can she sing. Hettema has a voice that ranges from crushed silk to wet gravel and she uses it with sensitivity and skill. It was a stirring performance..great opportunity to see one of South Africa’s finest performers in action.” Peter van der Merwe, Pretoria News.
“Her interpretations of the music of Piaf and Brel are almost legendary. She is one of South Africa’s glossy by-products of the cabaret circuit” – Rooi Rose

Besprekings by: Pierneefteater (012) 329-0709 of info@pierneefteater.co.za

Sa 12 Maart 19h00 R130 volw / R110 pens, stud, kinders