HELENA VIER SANGLOOPBAAN VAN 21 JAAR + NA AARDKLOP 2018

HELENA VIER SANGLOOPBAAN VAN 21 JAAR + NA AARDKLOP 2018

Gevierde kabaretkunstenaar, sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Helena Hettema bring haar jongste album, “Helena Hettema 21 +” na Aardklop op 2 en 3 Oktober 2018 in die Elgrohotelsaal. Die CD is verlede jaar vrygestel in die Atterburyteater in Pretoria.

Kaartjies: R140 – Ticketpro

Hierdie optrede vier 23 jaar sedert Helena se eerste CD “Fool’s Gold” vrygestel is deur die destydse JNS en met lof ontvang is. Die titelsnit stel haar destydse groep “Golden Fleece” ten toon oorspronklik met Alwyn van Heerden (klavier) Lindsay Liebenberg (baskitaar), Hennie van Jaarsveld (akoestiese kitaar) en Paul Greyling (dromme).’n DVD is in ’93 gemaak van die liedjie wat handel oor die armoede in die strate van Egoli en is uitgesaai deur SABC 2 sowel as “Touch of Green” met lirieke in seSotho, isiXhosa, Engels en Afrikaans en handel oor die behoud van die planeet.

Die opwindende drie-meisie groep, “Con Grazia” wat onlangs ‘n Ghoematoekenning verower het, sal ook daar wees op saksofoon, viool en fluit en staan Helena by met harmonieë. Hulle is ook op die album met die lied “ Silly cyber tango dans” en Sharon sing ‘n duet met Helena – “If we only have love”. Die eerste helfte van hierdie glans optrede sal Helena se vroeër jare en die eerste liedjies wat sy gepen het dek soos “Skadudans”, “Papermen”, “Fool’s Gold”, “Mother of Mine” en “Tolbos in die wind” wat vir die “Sonkring” TV reeks geskryf is sowel as ander liedjies wat op die CD , “Helena Hettema Highlights” wat genomineer is vir ‘n SAMA (SA Music Award), asook haar dae met Anton Goosen se “Kommissie van Ondersoek”. Een van hulle hoogtepunte was hul optrede by “Houtstok” voor 20 000 mense.

Lindsay Liebenberg van haar destydse groep “Golden Fleece” tree op as gaskunstenaar op baskitaar saam met Gerald Brookshaw op kitaar van die tweemangroep “Friendship”. Hulle sing ook die gewilde “Streets of London” wat op haar jongste CD verskyn. Helena bring ook liedjies van verlange gekomponeer gedurende haar tyd in Bologna, Italië in ’96 soos “Jasmine Lament” en in Londen in ’97, soos “Divided Heart”, geskryf op Brightonstrand.
In die tweede helfte sal haar mees onlangse liedjies vir die eerste keer gehoor word soos “Silly cyber tango dans”, in beide Afrikaans en Engels wat gaan oor die oppervlakkigheid van die kuberwêreld en die wispelturigheid van die verbuikers daarvan sowel as “Mio Cuore, NY” en “Adrenaline Rush wat afsonderlik gaan oor die sprankelstad NY en die onroerende sensasie van motorfiets ry, geskryf saam met Marguerite van Reenen.

Helena bring hulde aan haar pa met die liedjie, “A 1000 winds that blow” (gebasseer op die gedig, “Do not stand at my grave and weep” deur Mary Elizabeth Fry waarvoor sy die musiek vroeer vanjaar geskryf het. Helena word begelei deur haar briljante pianis, Marelize Koch wat ook harmonieë doen saam met haar op sekere liedjies. Helena dra hierdie optrede op aan drie persone wat haar lewe en verhoog gedeel het: Andre Wessels, haar pianis en kameraad vir sewe jaar wat in 2015 oorlede is en vir wie sy die musiek van “Strength for the Day” gekomponeer het (woorde van Annie Flint), vriend, medesanger en liedjieskrywer Eugene Vermaak wat in 2016 oorlede is en haar geliefde pa, Jan Hettema wat die dag daarna, op 29 Junie tragies gesterf het.

Onder andere word Helena twee keer genomineer vir’n SAMA, ontvang ‘n Laureaat van haar alma mater, die Universiteit van Pretoria vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste en verower die SABC 2 Geraas Toekenning vir die Beste Solo Vroulike Kunstenaar” vir haar CD “Divided Heart”.
Perskommentaar – 21 +:
“Sy is in die kol met ‘Silly cyber tango dans’ – dit is waarskynlik soos sy nog nooit voorheen gehoor is. Dit is net Hettema wat met sukses musiek kon voeg by ‘A thousand winds that blow ‘ “– Mariana Malan – Die Burger/ Beeld

“Sedert Helena se debuutalbum ‘Fool’s Gold’ word haar sonderlinge talent telkens erken …haar nuwe album (21 +) se musikale omwerkings en interpretasies van ‘n aantal gedigte is die toonvenster van die formidabele kunstenaar se vaardigheid en vernuf. “ – Christiaan J de Swardt – Oppinoot – Vrouekeur

Ander Perskommentaar:
“Sy sny dieper as die vel…” Martjie Roos –Beeld
“… And boy can she sing. Hettema has a voice that ranges from crushed silk to wet gravel and uses it with sensitivity and skill … great opportunity to see one of South Africa’s performers in action.” Peter van der Merwe – Pretoria News
“Sy het haar gevestig as een van ons beste sangeresse.” – Beeld